Die eerste week van die matrikulante se Voorbereidende Eksamen is suksesvol afgehandel. Voor die aanvang van die eksamen het leerders ’n interne eksamenopleidingsessie bygewoon, waar belangrike moets en moenies tydens eksamens bespreek is. Die September-eksamen dien as ’n belangrike voorbereiding vir die eindeksamen wat in Oktober begin. Elke matriekleerder het ook ’n spesiale skryfbehoeftes-pakkie ontvang wat deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geskenk is. Die skool het sy dank uitgespreek en leerders sterkte toegewens met die res van die eksamen.