Hoërskool SA van Wyk se Graad 12-Wiskundeleerders berei dié week intensief voor vir Vraestel 1 op Vrydag, 4 September. Leerders sal verskeie hoofstukke, waaronder algebra, trigonometrie, funksies, finansies, hersien en oefen. Die skool het ook dank uitgespreek teenoor Juffrou Mart en Meneer T. Fortuin vir hul toewyding, ondersteuning en leiding. Die doel is om leerders se kennis te versterk en hul selfvertroue te bou voordat hulle Vrydag hul voorbereiding in die eksamenlokaal moet bewys.