Die Springbok Streekshof het die 40-jarige Shaunville Burgess tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan twee jaar opgeskort is, nadat hy skuldig bevind is aan die moord op sy neef, Jacques Ricardo Cloete. Die voorval het in Junie 2025 ná ’n alkoholverwante onderonsie in Komaggas plaasgevind. Burgess is ook ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit. Die SAPD het die ondersoekbeampte en aanklaer geloof vir hul rol in die suksesvolle vervolging.