Die SAPD in Namakwa het vyf verdagtes tussen 26 en 27 Augustus 2026 tydens verskeie intelligensiegedrewe dwelmoperasies in hegtenis geneem. Dagga, mandrax en tik is onder meer in Steinkopf, Komaggas, Nababeep en op die Kuboes-Baken-pad gekonfiskeer. Die operasies het bestaan uit stop-en-deursoekaksies, patrollies en die uitvoering van ’n deursoekingslasbrief. Die verdagtes, tussen 22 en 42 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die onderskeie howe verskyn. Distrikskommissaris brigadier Schalk Andrews het die lede vir hul waaksaamheid en toewyding geloof.