Leerders van Primêre Skool Springbok het op 27 Augustus uitstekend gevaar tydens die WOW-Telfees. Matthew Valentyn en Charlize Cloete het eerste plekke in Graad 4 en Graad 5 behaal, terwyl Neandré Odendaal en Lyle Saal tweede plekke verower het. Danika van der Merwe het ’n derde plek in Graad 7 behaal. Die skool het die leerders gelukgewens en ook onderwysers en ouers bedank vir hul waardevolle ondersteuning en aanmoediging.