Hoërskool Concordia het onlangs ’n dubbele opknapping ondergaan wat die skool se voorkoms en veiligheid verbeter. Danksy ’n skenking van Kangnas Windplaas kon moderne borde, vervaardig deur Namaqua Signs, aangeskaf word. Mnr. Muller het die installasie behartig. Vier helder sekuriteitsligte is ook rondom die terrein aangebring om snags beter sigbaarheid te verseker en moontlike kwaaddoeners af te skrik. Johannes Lennox van Lenco het die ligte professioneel geïnstalleer. Die skool bedank alle betrokkenes vir hul waardevolle ondersteuning.