Graad 11-leerder Lingelihle Bahlekazi van SA Van Wyk verteenwoordig tans haar skool in Kimberley by die FSCA Financial Literacy Speech Competition. Onder leiding van mnr. Juandric Cloete neem sy deel aan ’n kompetisie wat jongmense aanmoedig om finansieel ingeligte en verantwoordelike besluite te neem. Die kompetisie ontwikkel ook leerders se redenaarsvaardighede, kritiese denke, navorsingsvermoë en selfvertroue. SA Van Wyk wens Lingelihle en mnr. Cloete sterkte toe en staan hulle ten volle by.