Vier jong wetenskaplikes is gekies om die Namakwa-streek by die 2026 Eskom Expo Internasionale Wetenskapskou (ISF) te verteenwoordig. Kaila Viljoen en Elizabeth de Kock van Laerskool Calvinia, asook Unonhlanhla Smit en Alishè Malgas van Hoërskool Carnarvon, het deur die Eskom Expo-reis gevorder. Die ISF vind van 29 September tot 2 Oktober by die Birchwood Hotel en OR Tambo-konferensiesentrum in Boksburg, Gauteng, plaas. Baie geluk aan die leerders wat hul projekte verder versterk ter voorbereiding.