Hoërskool Namakwaland se Bokkies het op 15 September 2026 die geleentheid gehad om deel te wees van die Sasol Solar Challenge. Tydens die program het leerders aan interaktiewe en opvoedkundige aktiwiteite deelgeneem, waar hulle deur middel van speletjies meer oor sonenergie geleer het. Die sessies het gefokus op hoe die son as ’n natuurlike bron van energie gebruik kan word om krag op te wek. Die leerders het die interaksie geniet en kon hul kennis en begrip van sonenergie verder ontwikkel. Die skool is dankbaar vir die waardevolle leergeleentheid.