Die onlangse reën het die Rooiwal en ander watergate rondom Pofadder in die Khâi Ma Munisipaliteit met water gevul. Ouers en voogde word dringend versoek om waaksaam te wees en te verseker dat kinders nie by die watergate swem of speel nie. Die watergate kan gevaarlik wees, aangesien die diepte en toestand van die water nie altyd sigbaar is nie. Die gemeenskap word aangemoedig om saam te werk om kinders veilig te hou en hulle nie sonder toesig naby hierdie gebiede toe te laat nie.