Wian Viljoen, leerde aan Hoërskool Namakwaland is ’n skut in murg en been en sy harde werk en toewyding begin vrugte afwerp. Met indrukwekkende skietvernuf het hy daarin geslaag om ’n plek onder die top 50-skutte in Suid-Afrika te behaal. Sy volgehoue oefening, passie en fokus het hom gehelp om sy teikens akkuraat te tref en homself tussen van die land se sterkste skuts te vestig. Viljoen, hou aan om jou doelwitte na te jaag en jou talent verder te ontwikkel. Ons is trots op jou en sien uit na nog groter hoogtes!