Athaylia Basson van Hoërskool Namakwaland het weer haar merk tydens die provinsiale kompetisie gemaak en gewys dat sy ’n Bokkie is om mee rekening te hou. Sy het ’n derde plek in die Graad 9 Afrikaans-afdeling behaal en met haar prestasie ’n luide applous ontlok. In ’n strawwe kompetisie het Basson haar staal gewys, volgehou en tot die einde geveg. Haar prestasie weerspieël ware Bokkie-trots, vasberadenheid en volharding. Baie geluk, Athaylia! Hoërskool Namakwaland is trots op jou en jou prestasie. Ons wens jou verdere sukses toe!