Hoërskool Concordia het Dinsdag, 6 Oktober 2026, die vierde en laaste kwartaal met nuwe energie begin. Prinsipaal Stone-Coetzee het leerders aangemoedig om verantwoordelikheid vir hul keuses te neem en hulle verseker dat ondersteuning beskikbaar is. Juffrou Jones het hulle gemotiveer om die kwartaal met doelgerigtheid en volharding aan te pak. Die Top 10-leerders is vir hul derdekwartaalprestasies vereer. Die skool het ook Chand-Lee Schamboa en Micayline Bezuidenhoudt gelukgewens met hul deelname aan die Nasionale Landloopkampioenskappe in Midrand.