Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys bevestig dat alle voorbereidings vir die 2026-matriekeksamen afgehandel is. Die eksamen begin, 13 Oktober, en eindig op 26 November. Altesaam 17 804 kandidate sal by 149 geregistreerde eksamensentrums eksamen aflê. Die provinsie mik vanjaar na ’n slaagsyfer van meer as 90%, ná verlede jaar se 87,79%. Die nasienproses begin op 1 Desember, terwyl provinsiale uitslae op 12 Januarie 2027 bekend gemaak word. Ouers word aangemoedig om matrikulante gedurende hierdie belangrike tydperk emosioneel te ondersteun en voortdurend aan te moedig.