President Cyril Ramaphosa sê die inhuldiging van Vedanta se konsentrasie-aanleg se tweede fase by Gamsberg in Aggeneys, in die Noord-Kaap, is die nakoming van ’n beleggingsverbintenis wat tydens die Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie aangegaan is.
Die projek vorm deel van pogings om beleggings te lok en die land se mynbou- en vervaardigingsektore te versterk.
Ramaphosa het die maatskappy se planne om plaaslike mineraalveredeling uit te brei, verwelkom.
Hy beklemtoon die belangrikheid daarvan om minerale in Suid-Afrika te verwerk, eerder as om dit in rou vorm uit te voer.