Hoërskool S.A. Van Wyk het met sy 2026-proefeksamenuitslae die derde plek uit 22 hoërskole in die Namakwa-distrik behaal, met ’n slaagsyfer van 93,9%. Die uitslae is ook hoër as die gemiddelde prestasie van al vyf onderwysdistrikte in die Noord-Kaap. Die skool bied ’n uitgebreide vakprogram met gemiddeld agt vakke per leerder. Sy leerdertal het van 212 in 2023 tot meer as 420 in 2026 gegroei. Die skool skryf dié vordering toe aan die toewyding van onderwysers, leerders en ouers.