Hoërskool Namakwaland het ses van die sewe plekke onder die distrik se toppresteerders by die Distrik-SAMO-kompetisie ingepalm. Jopie Erasmus (Graad 9) het in die junior afdeling uitgeblink, terwyl Bryant Farmer (Graad 10) en Taryn Cloete (Graad 12) in die senior afdeling presteer het. Tasreen Maquba, Athaylia Basson en Keisha Raymond het ook erkenning ontvang. Die skool het leerders en Juffrou Amadea gelukgewens met hul harde werk, toewyding en uitstekende prestasie.