Die Noord-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het ’n afskeidsgeleentheid vir Golden Games-deelnemers by die Horseshoe-hotel in Kimberley gehou voordat hulle na Bloemfontein vertrek het. LUR Mase Manopole het ouer persone aangemoedig om aktief, gesond en betrokke by hul gemeenskappe te bly. Departementshoof Shouneez Kimmie-Wookie en forumvoorsitter Nomaliso Kgune het ook hul beste wense oorgedra. Michael Botha (75), wat onlangs die 42,2 km Kimberley Big Hole-maraton voltooi het, het die deelnemers aangemoedig om ’n aktiewe leefstyl te handhaaf.