Premier dr. Zamani Saul het die nuwe Carlton van Heerden Sekondêre Skool in Upington amptelik geopen. Die vervangingskool verteenwoordig ’n belegging van R207 miljoen en beskik oor 35 klaskamers, ’n administrasieblok, skoolsaal, biblioteek, drie wetenskaplaboratoriums en twee rekenaarlaboratoriums. Die geriewe sluit ook twee veeldoelige bane, ’n sportveld en ’n voedingsfasiliteit in. Die Noord-Kaapse Provinsiale Regering sê die projek is deel van pogings om onderwysinfrastruktuur te verbeter en ’n gunstige omgewing vir gehalte-onderrig en leer te skep.