Die Richtersveld Munisipaliteit betreur die dood van sy werknemer, Andries Desmond Oortman, wat op 53-jarige ouderdom oorlede is.

Oortman het 34 jaar lank by die munisipaliteit gewerk en was tot met sy dood ’n loodgieter in die Infrastruktuurdepartement se Waterdienste-eenheid.

Volgens die munisipaliteit is Oortman die vierde munisipale werknemer wat sedert die 2021-plaaslike verkiesings oorlede is.

Die munisipaliteit het sy medelye aan Oortman se vrou, Suzette Lydia, asook sy familie, vriende en kollegas betuig.