Plaaslike sokkerspanne het die naweek met groot uitslae in die verskillende SAFA-streke in Namakwa vorendag gekom.
Young Controllers FC het in die Nama Khoi-streek die grootste oorwinning behaal toe hulle Ray Madrid FC met 11–0 geklop het. Victorians FC het ook sterk vertoon met ’n 6–2-sege oor Uprisers.
In die Khâi-Ma-streek het Boca Juniors Black Mountain FC met 5–2 geklop, terwyl Klinkers FC AFC Leicester met 2–1 verslaan het.
Young Warriors FC het in die Kamiesberg-streek Magic Strikers met 6–1 geklop, en Heroes FC het in die Richtersveld met 6–2 teen Celtics FC geseëvier.