Inwoners van Steinkopf ervaar die afgelope paar dae waterbeperkings nadat die Vaal Central Water Span die watertoevoerkleppe saans toedraai en soggens weer oopmaak.
Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit sê die maatreël is ingestel om die reservoir se watervlak te laat herstel en water op te gaar vir verspreiding aan die gemeenskap. Die reservoir is tans op ongeveer 25 persent van sy kapasiteit.
Inwoners word intussen versoek om water voor gebruik vir drinkdoeleindes te kook.
Die munisipaliteit vra inwoners om geduldig te wees terwyl die waterbeperkings toegepas word.