Hoërskool S.A. Van Wyk in Bergsig kyk met trots terug op ’n suksesvolle jaar waarin leerders op nasionale en provinsiale vlak meegeding het. Die leerders het onder meer Johannesburg, Durban, Kaapstad, Bloemfontein en Kimberley besoek en nuwe ervarings opgedoen. Sommige het ook vir die eerste keer per vliegtuig gereis. Volgens die skool gaan dit oor meer as prestasies, dit gaan daaroor om vir leerders nuwe geleenthede te bied, hul horisonne te verbreed en groter drome te laat koester.