By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 26 Jun 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Taakspan gestig om vrylopende jagluiperds in die Noord- Kaap op te sproor
‘n Taakspan
was onlangs op die been gebring om vrylopende jagluiperds in die Noord- Kaap op
te spoor ná ál meer besigtigings in diè provinsie. Deon Cilliers van die organisasie
Cheetah Outreach Trust het aan die Maroela Media gesê daar is ‘n paar
vrylopende jagluiperds die afgelope tyd in en om die Namawa Nasionale Park
naby Springbok en Kamieskroon opgemerk.“Daar is defnitief ‘n wyfie met twee
opgeskote kleintjies in diè gebied. Ons vermoed ‘n mannetjie ook. Hulle word
nou en dan in die plaasgebiede om die nasionale park gesien,” sê Cilliers.