By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 29 Jun 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Die goeie reënval maak dat verskeie paaie in die Namakwa- Distrik onbegaanbaar is
Nfm nuus het vanoggend verneem dat Spektakelpas weggespoel
het. Dit is baie misting in die area en voertuie kan nie deurgaan Springbok toe
nie. Die N7 Vyfmyl Poort is intussen gesluit weens die vloede. Owerhede is op
die toneel om ongevalle te beman.
Die gure weersomstandighede is gevaarlik en motoriste en
padgebruikers word asseblief gevra om versigtig te wees.
In die tussentyd het Radio Nfm gister verneem van ‘n man
wat deur die Skaaprivier, Buffelsrivier meegesleur is, die ongure water in, waar
hy van die trekker waarop hy gesit het afgeruk was. Die SAPD van Komaggas was
besig om na om te soek, maar die water was onstuimig.
Related News