Die Noord- Kaape LUR vir die departement van paaie en openbare werke, Fufe Makatong is tans besig om die Namakwa-distrik te besoek. Dit maak deel uit van 'n toesig besoek, om die werk wat gedoen is op paaie wat deur onlangse vloede beskadig is, te assesseer. LUR Makatong het die Springbok-na Kamieskroon-pad deur Soebatsfontein, Kommagas en Kleinzee ge-assesseer. Sy het verder geïdentifiseerde alternatiewe roetes en ompaaie in die area besoek. Die Namakwa-distrik het swaar reënval gekry wat padinfrastruktuur in Richtersveld, Kamiesberg, Hoogland en Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteite beskadig het. 'n Plaaslike ramptoestand is in die Namakwa-distriksmunisipaliteit afgekondig, nadat die negatiewe impak van vloede in die gebied die vier plaaslike munisipaliteite geraak het.