By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 13 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Nog aanklagte is teen Block, aanhangig gemaak
Nog aanklagte is teen die veroordeelde en voormalige Noord-Kaapse LUR, John Block, aanhangig gemaak. Die nuwe aanklagte is ook teen 'n voormalige hoof van die departement, Patience Mercia Mokhali (60), sowel as Babereki Consulting Engineers en sy direkteur, Tshegolekae Motaung (59), aanhangig gemaak. Die NVG-woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê die beskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend bedrog, geldwassery, korrupsie en oortreding van die Wet op Ingenieursberoepe, wat verband hou met tenderbedrog by 'n Kimberley-geestesgesondheidsfasiliteit. Senokoatsane sê daar word beweer dat Babereki Consulting Engineers in 2003 op bedrieglike wyse 'n tender toegeken is as 'n strukturele en siviele ingenieur, sowel as projekbestuurder vir die geestesgesondheidshospitaalkonstruksieprojek.
Related News