By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 19 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Nama Khoi spreek ernstige diensleweringsvertragings en watervoorsieningskwessies van die gemeenskap van Komaggas aan
Die Nama Khoi munisipaliteit wil die ernstige diensleweringsvertragings
en watervoorsieningskwessies onder die aandag van die gemeenskap van Komaggas
bring, wat geraak was deur die nadraai van die onlangse oorstromings. Die oorstromings het aansienlike skade aan die infrastruktuur aangerig, wat gelei het tot waterverliese in die Komaggas sedert 2 Julie 2023.Ongelukkig het die aard van die vloede dit vir die munisipaliteit onmoontlik gemaak om watertrokke te ontplooi as ‘n onmiddelikke oplossing om die watertoevoeronderbreking te versag. Die reaksie op hierdie situasie het die munisipaliteit ‘n verkrygingsproses vir ‘n nuwe boorgat pomp begin en wil die gemeenskap inlig dat dit op Vrydag 14 Julie verskaf is. Die tegniese span het ywerig gewerk om dit op Saterdag, 15 Julie te installeer, en kan met opgewondenheid rapporteer dat die watertoevoer gedeeltlik herstel is met die beperkte hulpbronne wat tydens die vloedkrisis beskikbaar.
Related News