By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 19 Jul 2023Language: AfrikaansCategory: Community
Steinkopf versorgingsdienste vier Mandela dag met fondsinsameling
Mandela Dag was gister regoor die wêreld en Suid Afrikaners
het die dag gebruik om die mees kwesbaarstes in die gemeenskappe te dien. Radio
Nfm het gaan kuier by Huis Emmanuel vir Gestremdes en Huis EJ Appies. Die
Steinkopf versorgingsdienste het die span van Nfm ontvang en het die klankgolwe
gebruik en kon gister R67 700 insamel, ten opsigte van die twee tehuise se
uitgawes. Die bestuurder by die twee tehuise, Robert Schamboua het besighede en
individue bedank vir húl bydrae tot die sukses van die tehuise.