LUR Lekwene gaan die orientasie en induksie van die nuut aangestelde gesondheidsbestuurslede behartig
Die LUR vir die Departement van Gesondheid in die
Noord-Kaap, Maruping Lekwene is tans in Springbok. Lekwene gaan vandag die
orĂ¯entasie en induksie van die nuut aangestelde gesondheidsbestuurslede in die
Namakwa distrik behartig. Die geleentheid vind plaas by die Namakwa Guest Farm
buite Springbok. Die nuwe lede sal op hospitaalrade en kliniekkomitees in die
Namakwa distrik dien. Die opleidingsessie gaan fokus op die bou van
gemeenskapsgesondheidsaktiviste wat kennis het van substantiewe en prosedurele
kwessies in die openbare gesondheidsektor.