By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 20 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Meer as 180 lede is aangestel om op bestuurstrukture in gesondhiedsfasiliteite te dien
Meer as 180 lede is aangestel om op bestuurstrukture in gesondhiedsfasiliteite
regoor die Namakwa-distrik te dien. Die induksie het gister plaasgevind by die Springbok
Gasteplaas, in die Nama-Khoi plaaslike munisipaliteit en is bygewoon deur onder
andere, die Noord- Kaapse LUR vir Gesondheid, mnr Maruping Lekwene, burgemeester
van die Namakwa Distriksmunisipaliteit, mnr. Mervin Cloete, distriksdirekteur,
mnr Grootboom asook Wyksraadslede.Die induksie en oriƫntering wat deur dominee
Basimane Makoko gefasiliteer is, het onder andere gefokus op die skep van
bestuurstrukture wat die kommunikasiegaping tussen gesondheidsorgfasiliteite en
die gemeenskappe wat hulle bedien, oorbrug. LUR Lekwene het die nuut
aangestelde lede sterkte toegewens en hulle aangemoedig om die mense wat hulle
aangestel het eerste te stel in die werk wat hulle doen.
Related News