Die gemeenskap se hulp word gevra omte help om die vermiste Olive O’Reilly op te spoor. O’Reilly het op 'n raaiselagtige manier verdwyn nadat sy die huis in Skietbank Dinsdagoggend verlaat het. Haar handsak was in Vaalhoek opgetel met al haar persoonlike informasie daar binne. Sy het grys en swart hare, is skraal gebou met ‘n ligte gelaatskleur. Informasie wat navore gekom het, was dat sy in ‘n sliwer motor laas gesien was. Indien enige iemand inligting rondom Olive O’Reilly se verdwyning het, kontak haar dogter by 078 244 1706 of u naaste polisiestasie.