Die LUR vir COGHSTA, Bently Vass, die uitvoerende burgemeester, Mervin Cloete, die Namakwa-distrik se speaker, Gillian Pieters en die burgemeester van Khai-Ma, Estelle Cloete het Mandela-dag in Poffader deurgebring waar die lewe en nalatenskap van Nelson Mandela deur gemeenskapsbou gevier is. Vir 67 Minute vir Mandela, het die LUR die Uitvoerende Burgemeester, en die Burgemeester van Khai-ma, 'n splinternuwe huis aan 'n gestremde veteraanvrou in die Pofadder-omgewing oorhandig waar hulle ook 'n oprit vir haar rolstoel en 'n nuwe boom geplant het wat 'n nuwe begin beteken.