Franse sendingwerkers reik uit na die Matjieskloof kinders waar hulle met die kinders tyd spandeer in die speelpark op die dorp. Hulle spandeer baie tyd en energie om 'n verskil te maak in die lewens van die Matjieskloof kinders. Die franse studente staan onder leiding van suster Francoise Dorothy. “Vrywillige werk gee 'n diepe vreugde deur jouself te gee. Jy ervaar 'n geluk wanneer jy iets vir iemand doen sonder om iets terug te verwag,” het suster Dorothy gesê. Sy het daarna verwys dat wat hulle by die parkie doen dat dit vrywillige werk is.