By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 27 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Community
Gemeenskapsvergadering werp vrugte af
Die Gemeenskap
vergadering wat gister plaasgevind het by Dr. Izak gemeenskapsaal was vrugtevol.
Die vergadering was byeen geroep nadat die Wielie Walie kleurskool gedeeltelik
in ‘n brand beskadig was. Die Rolspelers onder andere die Raadslid, verteenwoordigers
van die Departement Onderwys, Suid- Afrikaanse Polisiediens en Justisie was
teenwoordig. Die skoolhoofde op die dorp Juf Louw, Wielie Walie Kleuter skool, Mnr. RS Peters, Dr.Izak Van Niekerk en Mnr. Thiart, SA van Wyk het hande gevat in die samesmelting van die belangrike vergadering.Die gemeenskap het genoeg gehad vir die aanvalle op hul kinders se toekoms en die gemeenskap het belowe om te begin om hulself wettiglik te mobiliseer. Hulle sien nie kans om verder toe te sien hoe Bergsig agteruit gaan nie, en gaan saamstaan as ‘n gemeenskap om die fondasie reg te lê. Vrae en insette was gelewer, en die pad vorentoe was bespreek. Die aksie en die saamstaan van die gemeenskap en alle rolspelers sal die uitkoms daarvan kan bepaal en hopelik die gebroke gemeenskap red en weer heel maak deur hande te vat as broers en susters.
Related News