Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, besoek die Namakwa-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap hierdie Saterdag. Zulu beplan om maatskaplike verligting te bied aan die gemeenskappe wat deur die onlangse kitsvloede in die munisipaliteit geraak is. Zulu sê hulle sal geaffekteerde gestremde persone, kinders, ouer persone en huishoudings met ‘n kind aan die hoof prioritiseer. Die Noord-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Nontobeko Vilakazi, verteenwoordigers van vennootorganisasies, en plaaslike regeringsamptenare sal by die minister aansluit.