By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 28 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Community
Bergsig gemeenskap ongelukkig aangaande die brand wat by die kleuterskool plaasgevind het
Die gemeenskap van Bergsig
is oorgehaal aangaande die brand wat plaasgevind het by Wielie Walie
Kleuterskool en het tot die punt gekom dat genoeg is genoeg. Die skooltjie is
in die proses om so gou as moonlik ruimte te bekom om die kinders tydelik te
huisves. Die sentrum is op die oomblik ontoeganklik aangesien die forensiese prosesse nog nie afgehandel is nie. Tans bewaak die polisie die geboue. Die personeel sal gedurig met die ouers kommunikeer ten opsigte van die vordering vir geskikte ruimte. Tot dan vra hul die ouers en die gemeenskap om geduldig te wees tot verdere kennisgewing. “Ons wil ook die gemeenskappe inlig dat enige skenkings hoogs waardeer sal word, en het ook positiewe riaksies van donateurs en skenkers gekry. Ons hoop dat ons ons diamantjies so gou as moontlik in n veilige ruimte kan huisves,” het die wowordveorder van die skool gesê.Die gemeenskap van Bergsig
is oorgehaal aangaande die brand wat plaasgevind het by Wielie Walie
Kleuterskool en het tot die punt gekom dat genoeg is genoeg. Die skooltjie is
in die proses om so gou as moonlik ruimte te bekom om die kinders tydelik te
huisves.
Related News