Die Colesberg-streekhof in die Noord-Kaap het ‘n man en vrou tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery. Sivuyile Stali en sy vrou, Vivian, word daarvan aangekla dat hulle die Umsobombu Plaaslike Munisipaliteit met ‘n bedrag van twee-komma-vier-miljoen rand bedrieg het. Sivuyile was ‘n werknemer by die munisipaliteit en het sy posisie gebruik om die munisipale fondse in sy persoonlike rekening en dié van sy vrou oor te plaas. ‘n Valke-woordvoerder, luitenant-kolonel Tebogo Thebe, sê Sivuyile is tot ses jaar direkte gevangenisstraf gevonnis en Vivian is tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis.