By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 23 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Crime
Polisiekommissaris verwelkom die onmiddellike arrestasie ná polisiemoorde
Die
nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Fannie Masemola, verwelkom die
vinnige arrestasie van ‘n 38-jarige verdagte vir die moord op twee
blitspatrollie groeplede gister in Kimberley in die Noord-Kaap geprys.
Volgens die
polisie was die slagoffers aan diens toe hulle aangeval is. Hulle het ‘n saak
van ‘n gesteelde voertuig ondersoek.
Hulle het
die voertuig gesien en agtervolg.
Die
bestuurder het met die voertuig gebots en skote op die twee beamptes afgevuur
terwyl hy te voet gevlug het.
Die
polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, sê die verdagte sal môre in die
hof verskyn.