Die Sol Plaatjie-munisipaliteit in die Noord-Kaap gaan ‘n datasuiweringsoefening en ‘n inkomsteverbetering en -beskerming begin. Dit volg op die munisipaliteit se strewe om ouditmening te verbeter en die ouditeur se algemene bevindings aan te spreek. Die munisipaliteit gaan poog om kerninkomsteprosesse, stelsels, datakwaliteit, elektrisiteit- en waterinfrastruktuur, vaardighede en organisatoriese strukture te verbeter. Die Munisipale Bestuurder, Thapelo Matlala, sê ‘n kennisgewing van 14 dae sal aan enigiemand beteken word wat in stryd is met toepaslike wetgewing en munisipale beleid.