Die DA in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op die Gamagara-munisipaliteit om politiek opsy te sit en toe te laat dat die prioritisering van dienste onder hul burgemeesterskap seëvier. Dit volg nadat die party se Henriette du Plessis as die burgemeester van die munisipaliteit heraangestel is totdat die party se hofstryd teen haar verwydering op 13 September hervat word. Die party sê die hooggeregshof in Kimberley het Donderdag beslis dat die munisipale bestuurder en 12 ander korrespondente in die saak verbied word om enige besluite te neem. Die DA se Harold McGluwa sê die uitspraak maak die verwydering van Du Plessis, deur ‘n mosie tussen die ANC en die EFF-koalisie, geheel en al ongeldig.