By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 05 Sep 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Agt dwelmverdagtes van Bergsig vasgekeer
Die operasie genaamd "Vhutu Hawe" het op 30
Augustus 2023 omstreeks die middag in Springbok agt dwelmverdagtes in twee
afsonderlike klopjagte op huise en dwelms ter waarde van sowat R200 000 in
Springbok gekonfiskeer.
Polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio het in ‘n
amptelike verklaring bevestig dat die eerste klopjag in Bergsig uitgevoer was deur
lede van Springbok Openbare Orde Polisiëring se C Peloton en het op vyf
volwasse vroulike verdagtes toegeslaan. “Die polisie het vyf ziplock-sakke met
Tik gevind wat hulle na 'n ander perseel gelei het waar die polisie beslag gelê
het op 510g Tik en 500 Mandrax-tablette ter waarde van sowat R180 000 Die
vyf vroue is gearresteer en aangekla vir die handel in dwelms,” het Kock gesê.
In 'n afsonderlike voorval het die lede drie volwasse mans
by 'n tweede huis in Bergsig in hegtenis geneem en beslag gelê op 50 g Tik en
20 Mandrax-tablette ter waarde van sowat R17 000 en ook beslag gelê op 'n
onbekende bedrag kontant. Kock het bygevoeg dat die agt verdagtes, die vyf
vroue en die drie mans sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn vir
die handel in dwelms.
Related News