In 'n poging om die voortsetting van onwettige mynbedrywighede in die Namakwa-distrik aan te spreek, het die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, 'n twee-in-een gesamentlike multi-dissiplinêre operasie uitgevoer met die hooffokus op onwettige mynbou by die AK 64-mynblok en die Springbok-koshuis geleë in Kleinzee. Die multi-dissiplinêre operasie is in die Namakwa-omgewing uitgevoer en het onwettige mynwerkers 'n harde slag toegedien na 'n misdaadintelligensie-gedrewe operasie wat oor twee dae uitgevoer is wat op 19 September 2023 begin het en 20 September 2023 geëindig het. Tydens die ontwrigtende aksies het 'n totaal van 867 persone is aangekeer en gearresteer vir verskeie oortredings waarvan die meerderheid ongedokumenteerde persone was. Die operasie het gefokus op onwettige mynbedrywighede in die Kleinzee-omgewing waartydens daar op talle toerusting en -implemente beslag gelê is.