By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 06 Oct 2023Language: AfrikaansCategory: Crime
Die John Block korrupsieverhoor is terug in die hof
Die
voormalige Noord-Kaapse LUR vir Openbare Werke, John Block, en sy
medebeskuldigdes sal na verwagting vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Die
trio het na bewering baat gevind by ‘n multimiljoenrand-tender vir die bou van
die Kimberley Geesteshospitaal in 2003.
Die
saak is vir agt weke uitgestel sodat die staat al die bewyse kon versamel en
aan die verdediging oorhandig.
Blok
sal nie persoonlik verskyn nie.