By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 27 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Alexanderbaai Burgemeester Imbizo, gemeenskap hul bekommernisse ge-opper
Richtersveld-munisipaliteit se burgemeester, Cornell Knoph,
het op Dinsdag, 24 Oktober 2023 'n Burgemeester’s Imbizo gehou.
Dit het plaasgevind in Alexanderbaai. Tydens hierdie uitreiking
is Wyk 5 die geleentheid gebied om enige bekommernisse wat hulle mag hê, uit te
spreek.
Die uitreik het ten doel gehad om die munisipaliteit en
verskillende departemente bymekaar te bring om kwessies wat deur die gemeenskap
van Alexanderbaai geopper is, in te samel.
Departemente het geluister en sal al die kwessies wat
genoem word aanspreek om die gemeenskap op te hef.
Die burgemeester was vergesel deur deur departementshoofde
en die bestuur van Richtersveld Munisipaliteit.
Related News