By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 01 Dec 2023Language: AfrikaansCategory: Crime
Noord-Kaap pak onwettige mynbou aan
Noord-Kaapse wetstoepassingsagentskappe het
hierdie week voortgegaan om onwettige mynbou in die
Nuttabooi/Bontekoei-nedersetting naby Kleinsee hok te slaan. Gedurende die drie
dae lange operasie is meer as 200 ongedokumenteerde burgers gearresteer. ‘n
Polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, sê hulle het ook verskeie
toerusting gevind wat vir onwettige myndoeleindes gebruik word.