By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 09 Jan 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
19-jarige man in hegtenis geneem vir die wrede moord op Hesty Ann Green
Die Brandvlei-polisie het gister 'n 19-jarige man in Kaapstad
in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op die 18 jarige Hesty Ann
Green van Brandvlei, op 31 Desember 2023. Die verdagte is glo afkomstig van
Brandvlei, maar werk tans in Kaapstad, volgens Nikolas Swartz, 'n oom van wyle
Hesty-Ann. Die verdagte moet vandag, in die Calvinia-hof verskyn, het sersant
Molefi Shemane, polisiewoordvoerder gesê. Vroeër gister het woedende inwoners
na die Brandvlei-polisiestasie gegaan en ’n paar antwoorde geëis. Die polisie
was egter op die uitkyk om enige konfrontasies te verhoed.
Related News