By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 09 Jan 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Geen einde aan misdadige optredes op Steinkopf
Die Standard Bank ATM is erg beskadig in die sakekern van
Steinkopf. Die vraag het onder die gemeenskapslede ontstaan, wanneer sal die
vandalisme tot ‘n einde kom. Dit laat ‘n negatiewe impak, wat daartoe lei dat
die gemeenskap na Springbok sal moet reis om geld te onttrek as die Bank hul ATM
op die dorp moet verwyder. Top 5 glo dat daardie skuldige is langs die ATM dood
nadat hy dit so beskadig het. “Ander banke wil nie ATM's in ons dorp kom plaas
nie oor die skades wat aangerig word. ñ Ander bank het klaar al genoem hy sal
later sy ATM kom uithaal aangesien hulle ter duisende rande aan herstelkoste
moes spandeer,” het hulle gesê.