By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 10 Jan 2024
Language: Afrikaans
Category: Accident
Noord-Kaapse regering gaan voort met humanitêre hulpverlening
Die
Noord-Kaapse regering sê hulle gaan voort met humanitêre hulpverlening aan die
geaffekteerde gesinne weens onlangse slegte weerstoestande in twee distrikte. Dit
volg op erge weerstoestande op 28 Desember wat huise en eiendom in die Pixley
Ka Seme- en John Taola Gaetsewe-distrikte beskadig het. Die LUR vir
Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, Bentley
Vass, sê hy kan bevestig dat gesinne terug is in hul huise, aangesien die
meeste huise nou weer droog is.
Intussen
gaan President Cyril Ramaphosa volgende week die John Taola
Gaetsewe-distriksmunisipaliteit in Noord-Kaap besoek om ‘n behuisingsprojek van
stapel te stuur. Die bekendstelling vind volgende week Donderdag in Kimberley
plaas. Die munisipaliteit sê dit is die grootste behuisingsprojek in die
provinsie met ‘n bedrag van een miljard rand.
Related News