Die polisie in die Noord-Kaap het 369 verdagtes vir verskeie misdade tydens Operasie Shanela in hegtenis geneem. Die verdagtes is Donderdag en Vrydag vir moord, die onwettige besit van ’n vuurwapen en die besit van dwelms in hegtenis geneem. Altesaam drieduisend-194 voertuie en vyfduisend-657 persone is voorgekeer en deursoek. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Timothy Sam, sê 109 gesoekte verdagtes is ook in hegtenis geneem